Ek wil graag die blogpost opdra aan almal wat ek al ooit gejudge het as hulle my nie gehelp het nie of nie terug-gemail het nie en sê dis OK, ek verstaan, julle is vergewe :) (Sjoe, maar dit was nou 'n heavy statement.)
Ek dink soms daar is twee tipes mense in die musiekbesigheid - die wat dit "gemaak" het en die wat nog sukkel om te doen. (Die definisie van "gemaak" is natuurlik iets wat permanent verander). Dan dink ek dat daar in gospelmusiek of worship musiek veral nie 'n skeiding moet wees tussen die twee nie. Moet ons mekaar nie juis help/ promote/ ondersteun omdat ons dieselfde doel voor oë het nie?
Ek praat die ander dag met 'n pal van my hieroor en toe se hy 'n baie waar ding - mense vergeet... vergeet hoe dit voel om net graag jou musiek met iemand anders as die hond te wil deel; vergeet hoe graag mens net iewers wil leer of groei; vergeet van die twyfel in jou eie drome; ja vergeet... En toe besef ek dat ek dalk heel gereeld baie "hipocritical" hieroor is en dat dit dalk maklik is om self so te word.
'n Ander ding wat ek geleer het along the way is dat dit alles in die Here se hande is en nie in mense se hande nie. Miskien is dit goed dat paadjies doodgeloop het om by die regte een uit te kom. Hoe dit ook al sy, sal ek graag wil onthou...
Wednesday, 24 September 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment