Ek dink die afgelope week baie aan die verantwoordelikheid van 'n worship leier om te inspireer. Streng gesproke is dit nou nie regtig een van die top 10 dinge wat gewoonlik gelys word as mens dink aan die rol van 'n worship leader nie. Maar nadat ek so bietjie met 'n paar van my vriende gesels het die week wat betrokke is by worship, het ek besef dat dit baie belangrik is.
So wat bedoel ek met inspireer? Om te toets of 'n worship leier my inspireer, dink ek of ek opgewonde is oor die rigting waarin hy/sy oppad is in en of ek voel ek wil graag saam met hom/haar die rigting wil inslaan. Het die persoon actually 'n visie vir worship en is hy/sy geinspireerd om almal om hulle saam opgewonde te kry oor worship en oor die God wat ons worship. So, ek skat dit het baie met entoesiasme, visie en 'n persoonlike passie vir die Here te doen.
Daar is wel nog 'n ander aspek hieraan en dit is om ruimte te gee vir die mense om jou om ook in entoesiasme te groei en deel te word van jou visie. En 'n groot deel hiervan is om te "let go" en dit toe te laat om te ontwikkel in iets groters wat meer mense aktief insluit. As daar nie plek in jou visie/ leierskap is vir ander om kreatief ook die visie te kom form en buig nie, bly jy net 'n verkoopsman van 'n idee. En dan is ons nie besig om as 'n worship team/ kerk saam te groei nie.
Ek dink dit is een van die groot challenges van praise en worship vandag. Ons is nou verby die punt waar praise en worship "ontdek" is in ons kerke. Selfs die strenste kerkordes het al plek gemaak vir praise en worship. Die vraag is nou of ons worship lewendig gaan kan hou en of dit ook maar net deel van die liturgie gaan word.
Wednesday, 24 January 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment