Ek en Jake het nou die songs klaar gekies vir die CD en ek is baie opgewonde daaroor. Ons het 11 songs gekies wat almal Praise en Worship songs is.
Die songs is: Veel meer; U is die Heer; Sien in my hart; Op berge en in dale (my version); Kom maak my hart weer nuut; Alles nuut; My hele menswees; Ere aan God; Hier is ek; Hy is die een en Altyd hier by my.
Ek is veral opgewonde oor van my nuwe songs soos "Veel meer" wat 'n sterk klaviergedrewe "Coldplay"-rige song is en "Hy is die een" wat ek oor Kersfees geskryf het. Sien ook uit om 'n nice verwerking van "U is die Heer" te hĂȘ. Ek het ook nogal nie verwag om "Altyd hier by my" as een van die songs te doen nie - dit gaan cool wees. Cas noem dit my Lisa Loeb tribute :)
So, die volgende stappe is nou al die kitaarparte wat Jake mee besig is en dan die dromme en bass. Ek gaan hopelik volgende week bietjie kan insit in die studio wanneer die dromme en bass opgeneem word. Sal Cas se kamera saamvat en 'n paar fotos probeer neem.
Thursday, 15 February 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
Yay, nou hoef ek nie meer na die gewroeg te luister van wat ek dink op die CD moet kom nie!!!
Wow, dit lyk so goed, kan nie wag om die musiek te hoor nie!
Post a Comment