Sunday, 12 August 2007

Eerste gigs

Ek hardloop omtrent rond die afgelope 3 weke - het laas Sondag my eerste praise en worship gig gehad waar ek van my nuwe songs kon doen. Dit was by Linden Gereformeerd wat lekker was omdat hulle reeds van my songs sing, het "Alles nuut" vir hulle bygeleer. Het dit baie geniet - was cool om volle band te kon hĂȘ en weer volle worship set te kon doen.

Die naweek was ons rustig en tussendeur het ek songs gekies vir Dinsdagaand se Feminae. Sien uit daarna - is altyd lekker om worship daar te lei. Sien ok uit om Gary Kieswetter te hoor praat.

No comments: