Friday, 04 January 2008

Hey, dis 2008!

Na 'n awesome vakansie in die Kaap - Paternoster, Kaapstad en Onrusrivier, het dit onverwags gebeur - 2008! Snaaks om te dink net 8 jaar terug het almal geworry oor Y2K en die rekenaars en online community groei net... hehe.

Het oorweeg om groot Nuwejaarsvoornemens uit te dink, maar op die ou end op 'n baie eenvoudige een besluit: "Geniet elke dag van 2008!". Of soos Steven Curtis Chapman op sy nuwe CD sê "Live in the miracle of the moment...".

Lees eergister in 'n Joyce Meyer boek van 'n ou wat heeltemal wou opgee op sy droom toe dit nie gelyk het of dit ooit gaan realiseer nie. Sy vrou het toe vir hom gesê het dat hulle elke dag net 1 ding moet doen om die droom aan die gang te hou. En hulle droom het waar geword. Soos ek gesê het - geniet elke dag :)

No comments: