Tuesday, 30 October 2007

Worship by Kruik Gemeente, Secunda




Die 21ste het ek, Cas en nog 6 van ons die pad gevat Secunda toe om die oggend en aand daar by Kruik gemeente die praise en worship te gaan lei. Wat 'n awesome ondervinding! Het net weer besef watse great voorreg dit is om 'n worship leier te wees. Het ook net weer gesien hoe die Here 'n plek kan kom vul met Sy Gees en mense kom aanraak.

Die oggend was 'n praise ervaring soos wat ek lanklaas gehad het. Was nogal 'n toets vir my, want toe ek bid oor die diens het ek ervaar ek moet op praise fokus en net een worship song insit en gewoonlik sou ek meer worship ingesit het. Maar die Here was getrou en daar was 'n awesome atmosfeer van hoop en lofprysing.

Die aand was weer die omgekeerde met 'n extended tyd in worship. Wow, het weer besef wat die krag is van die Heilige Gees wat in beheer is van 'n worship tyd. Dit is amper soos 'n golf wat oor 'n mens spoel waarin jy net bewus is van die grootheid van God en niks anders nie. Wow...

Kan net dankie se vir die Here vir Sy getrouheid, vir awesome musikante wat hulle dag opgeoffer het en vir almal by Kruik wat hulle harte en deure vir ons oopgemaak het...

No comments: