Friday, 21 March 2008

Paas Vrydag

Ek het sopas die hele Paasverhaal gelees in Johannes vandat Jesus gevange geneem is in die tuin tot waar Hy opgestaan het en weer aan die dissipels verskyn het op die strand. Wat 'n amazing hoop!

Dit het my nogal opgeval die keer dat Jesus vir die dissipels brood en vis gereed het as hulle terugkom van die see af (baie soos met die skare mense wat Hy gevoed het uit 5 brode en 2 vissies). Hy vra hulle dan om hulle eie vis daarby te sit. Wow. Van die mense wat nie geweet het hoe om 'n skare mense kos te gee nie, tot mense wat op Jesus se bevel weer in die see ingegaan het en 153 visse gevang het en nou kan bydra tot die kos op die strand. Is dit nie amazing om te dink dat die Here ons ook verander om useful te wees in die koninkryk nie?

No comments: