Sunday, 04 May 2008

Camp Worship en ander verhale

Sjoe, long time no blog :) Was laasnaweek by 'n kamp in Wellington, Camp Worship, georganiseer deur die ouens van Artisan Ministries. Dis 'n groep ouens met 'n worship college en 'n band, Artisan Band wat gereeld by kerke en jeug events optree in die Wes-Kaap omgewing.

Wat 'n great ondervinding! 'n Hele naweek van worship het aan die begin soos nogal baie geklink, maar dit is op so 'n cool manier gedoen dat die sing-gedeelte op die ou end soms te kort gevoel het selfs. Anyway, dit was net so 'n great geleentheid om vir 'n naweek stil te word en weer by die Here uit te kom. Geen alterior motives nie, net tyd saam met die Here.

Het weer opnuut 'n honger vir worship en het ook saam met ouens gebid oor die hele musiek-bediening ding. Dis nou vir my duidelik as ooit dat ek moet fokus op worship en dat die res op die Here se tyd sal gebeur. Het gedink dit sal regtig cool wees om iets soortgelyks as Camp Worship hier in Gauteng te doen. Dalk begin met 'n worship aand elke maand/ twee maande en dan kyk hoe dit ontwikkel.

No comments: