Hier is iets waaraan ek nogal die afgelope ruk baie dink. Ek hoor deesdae heel gereeld dat kerke ter wille van die jeug of 'n groep mense in die gemeente 'n worship band begin het. Ek dink nie daar is iets fout daarmee om die behoeftes van jou gemeente te probeer aanspreek nie, maar ek wonder altyd of dit regtig ter wille van aanbidding is of ter wille van nuwe style musiek wat dit gedoen word. Ongelukkig is dit heel gereeld meer oor die styl van musiek.
Ek het in ‘n tradisionele gemeente grootgeword en nooit regtig die musiek as aanbidding gesien nie. Dit was daar om die liturgie vol te maak. Dit was voordat ek regtig ‘n persoonlike verhouding met die Here gehad het. Later het ek vir die eerste keer die Here se teenwoordigheid beleef en Hom leer aanbid deur praise en worship musiek. Die interessante was dat toe ek op ‘n keer weer in ‘n tradisionele diens gekom het, het die musiek wel vir my iets beteken en kon ek die Here selfs in hierdie totaal ander styl van musiek aanbid.
Ek dink as iemand nie ‘n verhouding met die Here het nie, sal enige vorm van aanbidding – of dit nou deur musiek of diens of iets anders is – leeg wees.
Ek sou graag wil hoor dat mense worship bands begin het oor dit vir hulle ‘n manier is om die Here te ontmoet en hulle graag op die manier vir die gemeente/jeug ‘n geleentheid wil gee om die Here te aanbid. Ek hoop dat jeugbediening meer sal gaan oor om jongmense te leer hoe om ‘n verhouding met die Here te he en Hom te leer ken as wat dit sal gaan daaroor om ‘n funky erediens te he wat ten minste so cool soos die buurgemeente s’n is.
Thursday, 24 July 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment