Thursday, 03 July 2008

To depend on

Het vanoggend gedeelte in Experiencing God gedoen, met die tema - "Being dependant on God". Dit is deel van 'n hoofstuk wat gaan daaroor dat ons aanpassings moet maak om God se wil te doen. Dis iets wat my weer onlangs getref het van vriende van ons wat sending/ gemeenskapsontwikkelings werk doen in Mosambiek - hoe afhanklik hulle van die Here is en ook dat dit steeds 'n aanpassing vir hulle is na 'n paar jaar se journey.

'n Paar goed wat vir my uitgestaan het uit die gedeelte in EG is dat afhanklikheid soms beteken om te wag. Dit beteken ook dat die Here ons verhouding met Hom as die belangrikste ding sien en nie dit waartoe Hy ons roep nie. 'n Cool voorbeeld wat die skrywer, Mnr Blackaby, gee is dat daar een gemeente is wat gevoel het die Here roep hulle om 'n Bus bediening te begin om vervoer vir mense te verskaf na die dienste toe. Dit was baie suksesvol en ander gemeentes het dit ook begin doen, maar heelwat het opgehou omdat dit nie gewerk het nie. Die belangrike ding is nie 'n metode of formule, maar wat die Here se plan is vir iets.

Dit was weer vir my so 'n eye opener onlangs om te besef dat die Here alles op Sy tyd en Sy manier doen. Soos Louie Giglio in een van sy DVD's se: ons is deel van God se storie en nie andersom nie. Die beste vraag om te vra is, wat is God besig om te doen rondom my en Hom dan daarin te join.

No comments: