Wel, dromme en bass het toe nie Donderdag en Vrydag laasweek gebeur nie, maar op die ou end gister en vandag. Thinus was siek met klierkoors die naweek en toe het percussion laasweek gebeur i.p.v. dromme. So, ek skat my vorige blog is darem nie heeltemal onakkuraat nie :)
So, wonder bo wonder ten spyte van 'n verwagte week vol 10-uur dae as slaaf by Nedbank kon ek gistermiddag 5 van die songs meemaak en vandag darem die laaste een. So, ek skat 6 uit 11 is darem nie te sleg nie. Veral as mens 0 verwag het. As ek nou filosofies ingestel was, sou ek nou die metafoor kon uitbrei na die lewe toe en hoe mens nou eintlik net verras moet wees deur al die goeie dinge in elke dag in plaas daarvan om te veel te verwag of dae om te worry dat jy nou nie die goeie goed kan laat gebeur nie (wat in elk geval nie moontlik is nie).
Gister was groot pret. Ek het op die ou end die wysie gesing en Vernon (bass), Thinus en Jake was kreatief met die rhythm section. Het baie nice gekom. Daar is nou net 3 songs wat regtig 'n ballad feel het met so twee sterk rock en die ander mid-tempo. Baie nice variety. Love die solo gedeeltes en interessante drom variasies. Ook baie cool bass lopies in die songs. Nogal interessant dat van die eenvoudigste songs nou vir my die coolste klink. "Hier is ek" se verwerking is sover een van my favourites met so 'n regte Steven Curtis Chapman gevoel in die intro en solo. My ander favourites sover is "Oral is my God", "U is die Heer" en "My hele menswees" (onverwags). Ek vermoed die ballads gaan eers lyf kry sodra mens keyboards en klavier bysit. Of miskien was dit net sover moeiliker om die rock tunes cool te laat klink op my eie en nou is dit awesome om dit te sien groei in meer as wat ek imagine het.
Ek sê net elke dag dankie dat ek by Jake uitgekom het en dat hy nie bang is om iets nuut te doen en kreatief te wees nie. Wat 'n awesome ervaring sover :) Is skoon bang dat dit te gou gaan ophou...
O, ja en het gister en vandag skaars lunch geëet in die rush om so vinnig as moontlik by die studio uit te kom. Vermoed ek het uiteindelik iets gekry wat die moeite werd is om lunch voor te mis...
Tuesday, 27 February 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment