Bietjie van 'n antiklimaks, maar die laaste BV's (backing vocals) is toe vanmiddag klaar gesing. Antiklimaks omdat dit nou klaar is, maar definitief nie omdat dit nie goed klink nie. Dit klink absoluut stunning. Jake het electrics begin bysit ook op so 5 van die songs, so alles begin nou regtig lyf kry. Selfs onskuldige "Alles nuut" klink al soos 'n flippen cool song. Cas het fotograaf kom speel sodat ons bietjie pics van die vocals ook het. So, behoort binnekort 'n paar foto's op die blog te kan sit.
So, aan die positiewe kant - nou kan die sangersdrama van worry oor siek word eers bietjie rus tot die eerste optredes moet begin gebeur :)
More is nogal 'n besige dag. Ontmoet moreoggend voor Lorraine se kitchen tea vir Lisha van Pletsen om te chat oor foto's, dan die kitchen tea by die Everts. Daarna terug Joeys toe vir Tjaart se "housewarming" piekniek 4uur en dan daarna weer Centurion toe vir Sybrand se poker aand. Mmm, wel was darem nie vreeslik besig die week nie, so behoort te oorleef met min genoeg te doen Sondag :) Onthou nou ek moet nog eats organise vir moreoggend. Mmm, kan probleem wees. Miskien moet ek maar bietjie kaasskons pleeg gou-gou...
Friday, 23 March 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment