Thursday, 07 June 2007

Die muzik biz is nie vir sissies nie


Nie vir sissies of rasionele mense of mense wat wiskunde kan doen nie!! Want iewers langs die pad het groot record companies, distributors en royalty collectors besluit dat kunstenaars dom is en nie kan wiskunde doen nie. Net genoeg van 'n gemors om menige talentvolle musikant af te sit vir altyd. Ek was self verbaas hoe vinnig die "besigheidsaspekte" van dit alles my begin dreineer het van enige kreatiewe impulse.

Wel, die amazing ding is dat ek nou nie meer die hele frustrasie van uitfigure wat PPD is en hoe mens publishing doen op my eie hoef aan te pak nie. Alles op die Here se tyd het dinge nou so uitgewerk dat Broken Records (Jake-hulle se nuwe record label) my help met publishing en distribution. En so is ons ook nou uiteindelik besig om CD's te print.

Te danke aan Vernon se hulp en vele ure op die telefoon, is die publishing gedeelte nou so te sê afgehandel en het ons ook nou offisiëel toestemming om "Op berge en in dale" te gebruik (en heelwat useless informasie oor wie die oorspronklike skrywers in Duits, Nederlands en Afrikaans was :)

O, ja en hier is my CD cover soos gedesign deur Dean.

No comments: