Sunday, 17 June 2007

Viva die drukpers

Die dag wat Gutenberg die drukpers uitgevind het moes 'n groot dag gewees het. Dink net aan al die moontlikhede wat skielik daar was om boeke, koerante, kennisgewings ens. te druk eerder as om te skryf. Daar was waarskynlik 'n paar bekommerde beroeps-kopieerders wat op strike wou gaan oor hulle werk in die gedrang was en 'n paar skeptiese siele wat net uit beginsel gekant was daarteen. Maar, vir die entrepeneurs van die dag was dit verseker 'n fantastiese uitvindsel.

Ok, so wat het dit met my te doen? Wel, te danke aan Gutenberg en so paar honderd uitvindinge na hom, kan my CD volgende week geprint word :) Hehe, natuurlik nou nadat al die nodige toestemmings verkry is en 'n Vernon 'n pampier het om te sĂȘ dat ek nou uiteindelik kopiee kan maak van my eie songs. Bla :) So, versigtig optimisties dat die ontwykende laserskyf sy opwagting kan maak in die nabye toekoms gaan ek die week in...

No comments: